Liefde vir kinders word gespel “TYD” en dit is wat ons aan elke leerder, van Gr1-7, gee. Tyd vir luister, tyd vir help en tyd vir speel. Meer tyd en aandag aan akademiese werk op laerskoolvlak kan leerders ontwikkel wat ‘n beduidende verskil maak in die wêreld wanneer hulle as volwassenes moet leiding neem.
Laerskool Hekpoort bied met trots aan:
- Akademiese uitnemendheid
- Tina Cowley leessentrum GrR-Gr7
- Deelname aan akademiese kompetisies- op skool-, distrik en provinsiale vlak.
- Ekstra klasse in sekere vakke
- Entrepreneursdag Gr7
- Opvoedkundige uitstappies
- Die KABV-Kurrikulum, soos deur die GDO voorgeskryf, word gevolg.