Kultuur is ‘n groot deel van die hartklop van Laerskool Hekpoort. Leerders kry die geleentheid om hul talente te ontdek en te ontwikkel.
Die volgende kultuuraktiwiteite word by ons aangebied:
- Dans, Kuns, Jeugskou, Revue, Redenaars en Drama.
Uit bg aktiwiteite vloei nasionale deelname, kunstefeeste, openbare optredes en konserte.
Ons is al aangewys as die naaswenners KULTUURSKOOL in Gauteng-wes. Verskeie van ons leerders het reeds hul Nasionale en/of Provinsiale kleure in verskeie kultuursoorte verwerf.