Die ontwikkeling van die kind se motoriese vaardighede op laerskoolvlak word wêreldwyd beskou as essensiëel in die totale ontwikkeling van die kind. By Laerskool Hekpoort word kinders die geleentheid gegun om hul talente en vaardighede te ontwikkel. n Liefde vir die sport word gekweek deurdat die reëls en beginsels van die sport op genotvolle wyse aangeleer word.
Laerskool Hekpoort is ook al as die BESTE SPORTSKOOL van die jaar in Gauteng-wes aangewys.
Ons leerders word aangemoedig om aan die volgende sportsoorte deel te neem en dit te geniet:
Atletiek, Rugby, Mini- netbal, Netbal, Landloop, Mini-hokkie, Hokkie (seuns en dogters) en Krieket.
Ons het ook al verkeie Provinsiale en Nasionale sportsterre opgelwer.
Ons atlete en sportspanne vaar uitstekend. Ons O/9 rugbyspan het in 2023 en 2024 die Goue leeus trofee verower.