Laerskool Hekpoort, ‘n Afrikaanse skool waar onderwysers, ouers en leerders ons skool se leuse daagliks uitleef deur te volhard in kwaliteit onderrig, waar gelyke geleenthede gebied word aan alle leerders, sodat ons saam kan bou aan ‘n blink toekoms vir elkeen.
VISIE
Laat elkeen bereik waartoe hy instaat is!!
MISSIE
Uitnemende akademiese en Buite-Kurrikulêre
prestasie deur ons leerders met behulp van:
ONS SKEPPER
ONS OUERS
ONS ONDERWYSERS
Waardes
Laerskool Hekpoort se personeel en leerders streef die volgende waardes na:
Respek, Eerlikheid, Verantwoordelikheid, Lojaliteit, Integriteit, Pligsgetrouheid en Stiptelikheid wat alles saamgevat word deur OMGEE vir ons medemens.
Laerskool Hekpoort is ‘n skool waar daar al vir meer as ‘n eeu lank gewoeker en gewerk word. By ons skool is ELKE dag ‘n OPE-DAG en enige persoon is welkom om ons enige tyd te besoek en te kyk hoe ons daagliks strewe om ons skool se leuse “Volhard en bou” uit te leef om sodoende net die beste vir ons hele skoolgemeenskap te lewer.
Net soos die sonstrale op ons skoolwapen lig en standvastigheid simboliseer, vorm die vaslegging van goeie akademiese kennis en deelname aan sport- en kultuuraktiwiteite die grondslag by Laerskool Hekpoort.
Elke leerder word as uniek beskou en só gelei dat hulle hul potensiaal ten volle kan ontwikkel en bereik. As ‘n klein skool slaag ons daarin om ons kinders met selfvertroue die wêreld in te stuur.
Met ‘n geesdriftige, toegewyde en goed opgeleide personeelkorps, word leerders begelei en die pad aangewys om hulle voor te berei vir die hoërskool en op die lewe daarna.
Die reëls van ons skoollied vat alles mooi saam: “Karakter sterk en trou word hier vir ons land gebou- Hekpoort getrou aan jou wil ons volhard en bou”